Lirieke:
as blomme soos ou foto's bruin word
as die kamerkombers ineenstort
het ek en my een op mekaar uitgemis
maar weet ek nou dat jy myne isas die reënweer soos swaar sterre daal
as mense soos monsters mekaar aanval
het ek en my een amper mekaar uitgewis
maar weet ek nou dat jy myne is
jy is jonk in hierdie weergawe van ons
maar soek myek het al my mooi verloor in die son
maar soek my in my swart vere
as geboue soos ou soldate lê
as almal weer die dood van 'n goeie man wil hê
is ons 'n wind wat nooit sal rus
en weet ek nou dat jy myne is
as fonteine soos vuurwerke skiet
as Die Here die hele plek uitgiet
onderstebo, sal ek jou nog mis
en weet ek nou dat jy myne is