Lenie Blou II - Spoegwolf Lyrics


Hey, my Lenie Blou
Ek wonder of jy hierdie man onthou
Ek sien jou in die blare
Ek sien jou in die vou
Van my bybel
Jy was my bybelKan jy dit voel?
Ek is vyftien meter weg
Ek weet jy't dit bedoel
Ek is vyftien meter
En 'n leeftyd weg
Sy sit haar lamp af
Sy verdwyn
Gaan jy so wag tot jou oudag?
Ek ry verby
Net soms in die laatnag
En ek baklei
Al my duiwels, elke vrydag
Vir hierdie menseDie wintervalke
Maak nog nes in my huis
En in die balke
Elke keer as ek iets sien
In die lug
Hoop ek dis jy
Uit 'n leeftyd terug
Wel, kan jy dit voel?
Ek is vyftien meter weg
Ek weet jy't dit bedoel
Ek is vyftien meter
En 'n leeftyd wegHallo my mantel
Hallo my rivier
Als het nou jonk geword
Want jy's nou hierHallo my mantel
Hallo my rivier
Als het nou jonk geword
Want jy's nou hier

Lenie Blou II lyrics !!!