Liefdesversie - Coenie de Villiers Lyrics


As die jagters van die donkerbos
'n bloedspoor teen die sneeudrif los
Kan jy by my kom lê

As die wolwe teen die hortjies huil
En die winterson in jou bloed kom skuil
Kan jy by my kom lê

Maar as die brose lente roer
In die limbo van die aarde
Sal jy vir my 'n lapkind gee
Met sagte haar' en sagte oë
Soos die fluweelsnoet
Van 'n rendier

Liefdesversie lyrics !!!